Laerskool Rustenburg


Go to content

Main menu:


Projekte en Borge

Inligting

Vir meer inligting oor projekte en hoe u betrokke kan raak, kontak gerus vir ons projektespan:
Banie Mostert en Yolandie Willemse by projekte@laerskoolrustenburg.co.za

Advertensiemoontlikhede:
WEBWERF ADVERTENSIES
Kontak vir René Schoombee vir meer inligting rakende advertensie geleenthede op ons webwerf.

ADVERTENSIEBORDE
Kontak: Banie Mostert of Yolandie WIllemse by Laerskool Rustenburg by tel no 014 5920528.

OMSENDSKRYWE EN LARRIEFOKUS
Omsendskrywe weekliks na 900 huishoudings.
Kontak gerus vir Leonie Stander by die skoolkantoor vir meer inligting.
Tariewe vir advertensies in nuusbrief
Klein advertensie R250, Halwe bladsy R300, Volbladsy R500, A4 invoegsel R600,
Verspreiding van eie pamflette R1000

Larriefokus – Ons glanstydskrif wat 2x per jaar uitgegee word.
Kontak vir Carol J van Vuuren by skool rakende advertensie geleenthede in die Larrie Fokus.

BETONMUUR IN NELSON MANDELA RYLAAN
Panele is beskikbaar vir advertensie. Inkomste direk aan die skool, dus kontak ons vir inligting.
Kontak vir Carien v Niekerk by skool vir meer inligting.

BORGSKAPPE
Borgskappe vir sportspanne; toere en opvoedkundige uitstappies.
Kontak gerus die skoolhoof, Koos J v Vuuren met enige voorstelle.

Ander Projekte:
VOEDINGSKEMA
Voed daagliks 135 kinders uit skenkings en vrywillige hulp. Kontak vir Helé Henning by skool as u betrokke wil raak.

HULPFONDS
Hierdie fonds word gebruik om kinders te borg ten opsigte van skoolklere, toere en uitstappies.
Kontak vir Carien v Niekerk by die skool as u ’n bydrae wil maak.

Aansoekform (pdf) laai hier af


MY SCHOOL LOJALITEITSPROGRAM

Laerskool Rustenburg wil graag alle ouers en die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak by die My School projek.

U hoef net die inskrywingsvorm wat hiernaas verskyn uit te druk , volledig te voltooi en dan terug te faks na 014 5928014.
U sal 'n kaart ontvang wat u tydens transaksies by sekere winkels kan toon.
'n Persentasie van u aankope word dan aan die skool geskenk.
Die skool, asook u, sal maandeliks 'n staat ontvang wat sal aandui wat aan Larries oorbetaal sal word.
Die kaart is nie 'n krediet- of debietkaart nie en daar is geen kostes aan verbonde nie.
Vir meer inligting besoek www.MySchool.co.za


Laai MySchool Aansoekvorm af


Tuisblad | Inligting | Akademie | Kultuur | Sport | Nuus | Sosiaal | Site Map


Back to content | Back to main menu