Main menu:
Inligting
VERGADERING EN KONFERENSIEFASILITEITE BY SKOOL BESKIKBAAR
Kontak gerus vir René indien u sou belangstel om u vergadering of konferensie in die ouditorium aan te bied. Die fasiliteit het teaterstylsitplek vir 68 persone en is volledig toegerus met 'n projektor en klankstelsel.
Druk hier om die Verhuringsinligting af te laai
Druk hier om die Huurooreenkoms af te laai
REëLS EN REGULASIES MET DIE VERHURING VAN LAERSKOOL RUSTENBURG SE OUDITORIUM EN TOERUSTING 2011
A: OUDITORIUM
Die ouditorium word alleenlik vir kulturele-, besigheids- en opvoedkundige doeleindes gebruik.
Die ouditorium word nie aan godsdienstige organisasies beskikbaar gestel nie en mag nie onderverhuur word nie.
Laerskool Rustenburg aanvaar onder geen omstandighede verantwoordelikheid of aanspreeklikheid ten opsigte van enige skade of verlies aan enige eiendom, artikel of item wat ook al, wat die gebruiker op die perseel plaas of laat, of vir sy gebruik of doel, of teenoor enige persoon wat die perseel betree of gebruik maak van die toerusting op die perseel nie en daar word uitdruklik ooreengekom dat die gebruiker Laerskool Rustenburg hierby vrywaar ten opsigte van enige eis wat enige persoon of persone op watter grond ook al mag instel.
Laerskool Rustenburg is nie aan enige gebruiker aanspreeklik vir enige verlies as gevolg van 'n gebrek of tekortkoming in die krag toevoer na die ouditorium of enige ander defek van die qebou, dienste, ens nie.
Enige behoorlik-gemagtigde amptenaar van Laerskool Rustenburg besit die reg om ten alle tye die perseel te betree.
Daar word uitdruklik bepaal dat die gebruiker aanspreeklik is vir vergoeding van enige breek- of ander skade wat ook al aan die ouditorium, meubels, toebehore of enige ander eiendom van Laerskool Rustenburg wat tydens die gebruik ontstaan het. As die gebruiker bevind dat enige meubelstuk of ander toerusting gebrekkig is, moet hy die aandag daarop vestig voordat hy dit gebruik; by gebreke hiervan word daar geag dat alles in goeie orde is. Die gebruiker moet betaal vir enige artikel wat aan Laerskool Rustenburg behoort en wat tydens of in verband met enige gebruik uit die perseel verlore raak of vermis word.
Die kleedkamers is onder die toesig van die huurder van die ouditorium en hy/sy is aanspreeklik vir enige skade of verlies wat mag voorkom.
Geen muurversierings van watter aard ook al word toegelaat nie.
Die ouditorium kan soos volg bespreek word:
Oggend - 08:00 tot 12:00 - R500-00
Middag - 14:00 tot 18:00 - R500-00
Aand - 19:00 tot 22:00 - R500-00
Oggend en middag - 08:00 tot 18:00 - R1000-00
Middag en aand - 14:00 tot 23:00 - R1000-00
Oggend, middag en aand - 08 :00 tot 23:00 - R1000,00
'n Kontant deposito van R500,00 (soos van tyd tot tyd deur Laerskool Rustenburg vasgestel), is betaalbaar wanneer die ouditorium bespreek word, en die huurbedrag in kontant (R1000,00 per dag of R500 vir gedeelte van dag) ten minste vyf werksdae voor beplande funksie, welke deposito verbeur word indien die bespreking deur die gebruiker gekanselleer word. Die huurbedrag en deposito sluit die gebruik van die toerusting in. Terugbetaling van die deposito sal geskied binne tien werksdae en mits die ouditorium, kleedkamers, meubels, toebehore, of enige ander eiendom van Laerskool Rustenburg in orde bevind is en die sleutel terugbesorg is.
Bankbesonderhede vir betaling van deposito en huurbedrag:
Laerskool Rustenburg
ABSA Rustenburg Takkode 334 246
Tjekrekeningnommer: 1220 490 838
Vewysing: U besigheid se naam/datum van bespreking
Faks bewys van betaling na 014 5928014 vir aandag R Schoombee of C van Niekerk.
Die sleutel van die ouditorium kan op die dag wat dit bespreek is by die Inligtingsfasiliteerder afgehaal word en moet voor 09:00 op die dag nadat die ouditorium gebruik was, terugbesorg word.
Die huurder is verantwoordelik vir die algehele beveiliging van die perseel voordat die ouditorium verlaat word.
Geen alkoholiese drank sal op die perseel toegelaat word nie.
Ingeval enige van die voorafgaande voorwaardes nie nagekom word nie, besit Laerskool Rustenburg die bevoegdheid om te eniger tud die gebruik van die ouditorium te kanselleer en geen vergoeding is deur Laerskool Rustenburg aan die huurder betaalbaar vir enige verlies wat hy weens sodanige kansellering lei nie.
Die Tarief vir die gebruik van die ouditorium is soos van tyd tot tyd deur Laerskool Rustenburg besluit, vasgestel.
Laerskool Rustenburg het alles moontlik binne hul vermoë gedoen om die terrein te beveilig en dra geen verantwoordelikheid ten opsigte van diefstal, brand of onnatuurlike voorvalle nie. Motors word op eie risiko parkeer (reël asb vir 'n motorwag).
Kontakpersoon ingeval van nood: Chris J van Vuuren (0847106141)
Die persoon wat die voorgeskrewe aansoekvorm onderteken word geag om die huurder te wees.
B: TOERUSTING
Die toerusting word alleenlik voorsien aan goedgekeurde gebruikers van die ouditorium en mag nie deur die huurder aan enige ander persoon of instansie geleen word nie.
Die toerusting mag alleenlik in die ouditorium gebruik word vir 'n gedeelte van 'n dag of 'n maksimum van een dag, behalwe waar goedkeuring vir 'n langer tydperk verleen is.
'n Deposito en huurgelde (waar van toepassing), soos van tyd tot tyd deur die Laerskool Rustenburg bepaal, moet vooruit betaal word.
Slegs wanneer geen skade aangerig is nie, sal die deposito binne tien werksdae terugbetaal word.
Indien die koste vir die herstel of vervanging van beskadigde of verlore toerusting hoër is as die deposito, sal Laerskool Rustenburg 'n rekening vir die uitstaande bedrag plus 'n 10 persent administratiewe heffing voorsien.
Toerusting wat geleen word moet deur die huurder persoonlik terugbesorg word, tensy vooraf anders gerëel.
Fotostaatfasiliteite is beskikbaar. 'n Bedrag van R1,00 per fotostaat (swart-en wit) sal gehef word.
Die huurder gebruik ouditorium op eie risiko en daar word verwag dat die huurder verantwoordelik sal optree insake bogenoemde reëls. Reg van toegang word voorbehou.
Sub-Menu: