Leoné: 072 587 6421
larrie.naskool@gmail.com
Liewe Ouer
Die Larrie-naskoolsentrum is so bevoorreg om te kan spog met 180-leerders wat gebruik maak van die sentrum. Ons het nege personeellede waarvan ses opgeleide onderwysers is. Dus is u kind in goeie gekwalifiseerde hande. Een van die dae kan die naskool ook spog met die nuwe fasiliteite wat al die nodige geriewe vir ons naskoolleerders gaan hê.
Die Larrie-naskoolsentrum is deel van die skool en dien as verlengstuk van Larries en die ouerhuis. Larries se naskoolsentrum word volgens opvoedkundige struktuur bestuur en aangebied. Aangesien die Larrie-naskoolsentrum ? verlengstuk van die skool en ouerhuis is, en uit die aard van die saak ook die twee verbind, is die doelstelling daarvan om aan albei partye betrokke ? doeltreffende en positiewe diens te lewer. Dit is ? vennootskap wat die gemeenskaplike doel het om die leerders ? geborge, veilige en liefdevolle omgewing te bied waarin hulle op verstandelike, emosionele en sosiale gebied optimaal kan ontwikkel.
Hier is inligting wat nodig is om te weet van die naskool.
Naskoolure
Direk na skool tot 17:15.
Vakansie vanaf 06:45 tot 17:15.
Geen naskool op openbare vakansiedae, skoolvakansiedae en in Desember vakansie nie.
Ete
In Gebalanseerde kospakkie sal met aankoms by die naskoolsentrum aan elke leerder voorsien word.
Ongeveer 16:00 ontvang elkeen ? koeldrank en ? toebroodjie. Die Snoepie sal na studietyd om 15:30 oop wees.
Spyskaart is as volg
- Pizza (ham en pynappel of maalvleis)
- Braai Bacon & worsies op broodjies
- "toasted ham & cheese"
- Pasteie
- Worsbroodjies
- Koue ham en kaas broodjies
- Vetkoek & maalvleis
- Hamburgers
- Hoender Mayonnaise toebroodjies
- Chips en visvingers
Naskoolgeld
2011 was as volg:
Registrasie beloop R350.00 per kind.
Per maand: R440.00 vir eerste kind,
R 400.00 vir tweede kind,
R 350.00 vir derde en vierde kind onderskeidelik.
Gelde vir 2012 is nog nie vasgestel nie.
Personeel
Graad R
Mev. A.C. Robbertse
Mev. M. Steenkamp
Graad 1
Mev. O.M. Jansen van Vuuren*
Mev. T. Jansen
Graad 2
Mej. M. Van Niekerk*
Mej. A. Swanepoel*
Graad 3
Mev. C. Broodryk*
Graad 4 & 5
Mej. L. van der Merwe *
Graad 6 & 7
Mej. L. Kruger*
Dissiplinehoof:
Mnr. G. J. Mostert*
* - is almal onderwysers betrokke by die skool.
Dagprogram
Graad R-leerders
- Leerders word by Loerie Larries afgehaal en op ? register afgemerk.
- Leerders stap naskool toe saam die betrokke naskoolpersoneel.
- 13:30 Leerders kry kospakkie.
- 14:00 Leerders gaan terug na Loerie Larries toe.
- Vryspel of aktiwiteite.
- 16:45 Leerders beweeg na die res van naskoolleerders toe waar die res van die ouers hulle kom afhaal.
- Verskeie Vrydae is word verskillende aktiwiteite aangebied.
Graad 1-leerders
- 13:00 Leerders tree aan by die Graad 1 onderwyser se klas. (Uiltjie klas)
- Leerders eet.
- 13:45 Leerders doen huiswerk (gelei deur opgeleide onderwysers betrokke by Graad 1 ).
- 15:30 Alle leerders gaan naskool toe.
- 16:00 Broodjie en koeldrank.
- 16:00 Vryspel.
- 17:15 Afhaal van leerders.
Indien sport beoefen word moet die naskool skriftelik in kennis gestel word. Indien leerders later kom a.g.v. sport is dit die ouer se verantwoordelikheid om toe te sien dat huiswerk gedoen word.
Graad 2- tot Graad 7-leerders
- 13:15 Leerders is self verantwoordelik om naskool toe te stap.
- Leerders eet.
- 13:45 Stap terug naskool klasse toe.
- 15:30 Leerders doen huiswerk (gelei deur opgeleide onderwysers betrokke by verskillende Grade).
- 15:45 Alle leerders gaan naskool toe.
- 16:00 Broodjie en koeldrank.
- 16:00 Vryspel.
- 17:15 Afhaal van leerders.
Indien sport beoefen word moet die naskool skriftelik in kennis gestel word. Indien leerders later kom a.g.v. sport is dit die ouer se verantwoordelikheid om toe te sien dat huiswerk gedoen word. Leerders kan ook by die naskool sit en huiswerk doen indien ouers dit so verkies.
Daar is toegang tot internet met die hulp van take vir leerders in die mediasentrum.
Leerders sal die geleentheid kry in klastyd om gemaklike klere te gaan aantrek. Indien leerders wel skoolklere uittrek is dit van groot belang dat dit gemerk moet wees.
Aktiwiteite
Aktiwiteite verskil van Graad R, Juniors (Gr.1-3) en seniors (Gr.4-7) leerders.
Die volgende is beskikbaar vir leerders by die naskool:
- Vingerbord
- Springtoue
- Hoela hoeps
- Slangetjies en leertjies
- Balle
- Krieketstelle
- Kaarte
- Legkaarte
- Inkleur
- Dvd's kyk
- MB-aktiwiteitsbaan
- Swem (somer)
- Internet in mediasentrum
Vakansietye
Verskillende dagprogramme word uitgewerk vir leerders.
Junie/Julie vakansie word ? kinderweek by Larries aangebied wat gelei word deur Ds. Zelda van NG-Moedergemeente. Vastrap bied ook ? Jeugfees vir die leerders aan. Elke vakansie sal daar vir die leerders iets wees om te doen, hierdie aktiwiteite sal voor die tyd aan u deur gegee word.
Kontakbesonderhede
Leoné: 072 587 6421 (eers na 13:15)
larrie.naskool@gmail.com
Larrie-naskool sien uit om van u te hoor !!!