Laerskool Rustenburg


Go to content

Main menu:


Leerlingraad Algemeen

Inligting > Larries > Leerlingraad

LAERSKOOL RUSTENBURG LEIERIDENTIFISERINGSBELEID

DOEL:
Erkenning aan leerders met leiereienskappe.
Aanwending van leiers in leierskapposisies.
Billike identifisering deur middel van evaluering van alle skoolaktiwiteite waaraan die leerder deelneem.

WAT WORD VAN LEIERS VERWAG?
Deelname aan skoolaktiwiteite.
Moet optree as verteenwoordigers en ambassadeurs van die skool.
Moet die skool se belange op die hart dra.
Ontwikkel gesonde waardesisteme.
Vestiging van 'n kultuur van Larrie-trots deur 'n voorbeeld te wees vir ander leerders.

PROSEDURE:
Alle gr. 6 leerders word geëvalueer deur personeel betrokke by:
1. Klasaktiwiteite:
Akademie volgens rangorde van die promosiepunt (d.w.s. al 3 kwartale se gemiddeld).
Betrokkenheid by voogaktiwiteite.
Debietpunte word afgetrek vanaf die totaal punte wat die leerder verdien het.
2. Sport:
Alle sportaktiwiteite wat deur die skool aangebied word. Totaal van 12 aktiwiteite.
3. Kultuur:
Alle kultuuraktiwiteite wat deur die skool aangebied word. Totaal van 12 aktiwiteite.
4. Diensrade:
Die diensrade waarby gr. 6 leerders betrokke is. Totaal van 3 diensrade waarop gr. 6'e dien.

WAARVOOR WORD PUNTE TOEGEKEN?
1. Samewerking (5)
2. Groeipotensiaal ten opsigte van 'n leierskaposisie (5)
3. Netheid (5)
4. Ywer/Hardwerkendheid (5)
5. Selfbeheersing (5)
6. Deursettingsvermoë (5)
7. Gedrag (10)
8. Leierpotensiaal (10)
Let wel: "Oulik" is nie 'n woord wat gebruik word in terme van leierskap nie. Beskrywende karakereienskappe soos: invloed, bemagtigend, steungewer, 'n uitstekende kommunikeerder, 'n moedige leier, onderskeidingsvermoë, fokus, inisiatief, passie, probleemoplosser, selfversekerd, diensbaar, 'n visionêre leier ens. is beskrywend ten opsigte van 'n Larrie leier. TOTAAL: 50

VERWERKING VAN DATA EN SAMESTELLING VAN DIE KORTLYS.
1. Totaal van al die punte word bereken.
2. Debietpunte word afgetrek.
3. Kandidate word van hoog na laag gelys.
4. Die hoof en verkiesingskomitee besluit watter getal leerders op 'n stembrief gelys gaan word.
5. Personeel en gr. 6 leerders stem. (50/50%)
6. Geslag word nie in aanmerking geneem nie.
7. Uitslag van stemme word voorgehou aan die hoof.
8. Besluit word geneem oor die grootte van die groep.
9. Die Leerderraad word aangewys!

VERKIESING VAN HOOFLEIERS
1. Daar word 'n totaal van ses (6) hoofleiers vir die jaar verkies; twee hoofleiers ('n seun en 'n dogter) per kwartaal.
2. Hulle word deur die Personeel en Leerderraad verkies aan die einde van 'n kwartaal. (50/50%)
3. Die hele Leerderraadgroep het gelyke geleentheid om verkies te word vir die oorblywende kwartale. Die voordeel daarvan is dat leiers deur blootstelling ontwikkel en die leierontwikkelingsprogram se hoofdoel nl. ontwikkeling beklemtoon. Hoofleiers bly hoofleiers en word nie onderhoofleiers in die oorblywende kwartale nie.
4. Die Personeel en Leerderraad verkies hoofleiers aan die hand van 'n kriterialys. Leerderraadslede word stap vir stap deur die verkiesingsprosedure gelei.
5. In die vierde kwartaal dien die hoofseun en hoofdogter. Hulle word verkies uit die ses (6) hoofleiers wat deur die jaar verkies is.

LEIERSKAPONTWIKKELING

Die potensiaal wat in leiers raakgesien word, word ontwikkel deur 'n Leierskapopleidingsprogram.
Die Leierskapontwikkelingsprogram sluit twee verpligte kampe, twee keusekampe en 'n ontwikkelingsprogram in wat dit ten doel het om leiervaardighede te ontwikkel. Sekere pligte word aan hulle opgedra wat hulle moet nakom. Hulle moet bereid wees om die waardes van die skool binne en buite skoolverband uit te dra.
Nie-leiers kan die loop van gr.7 deur personeel genomineer en ingestem word tot die Leerderraad. Hierdie Meriete-Leerderraadslede word volwaardig opgeneem in die Leerderraad.

PERSONEEL

Personeel betrokke by die ontwikkeling van die Leerderraad:
Mnr. JF Jansen van Vuuren (Hoof)
Mev. S Swart
Mnr. C v Rensburg
Mej. L v.d. Merwe
Mnr. W Martinson

Tuisblad | Inligting | Akademie | Kultuur | Sport | Nuus | Sosiaal | Site Map


Back to content | Back to main menu