Laerskool Rustenburg

Go to content

Main menu

Welkom by Larries se webblad!
Lees Larries se strooibiljet: Voor / Agter

Voorlopige Jaarprogram
DRUK HIER OM AF TE LAAI

Larries Naskoolsentrum heropen op 16 Januarie 2012 om 06:45 in die spinternuwe gebou agter tennisbane.
Druk hier om die 2012 registrasievorm af te laai.

MISSIE

Die missie van Laerskool Rustenburg is die verskaffing van bekostigbare, kwaliteit onderrig in 'n multi-kulturele milieu, gekenmerk deur 'n Christelike karakter, met Afrikaans as taal van onderrig aan leerders van Rustenburg en omgewing.

VISIE

By Laerskool Rustenburg poog ons om die kind tot volle potensiaal as mens te ontwikkel.  Die basis van onderrig is Christelike waardes en norme en ons leer ons kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle talente en regte.  Hulle word ook geleer om hulle regte korrek uit te oefen.

By Laerskool Rustenburg word die kinders begelei deur kwaliteit onderrig in 'n georganiseerde en gedissiplineerde omgewing, tot afgeronde persone.  Deur Afrikaans as onderrigmedium streef ons daarna om die kind 'n gebalanseerde individu te maak en om sy vaardighede gebalanseerd te ontwikkel vir die eise van ons tyd.

Ons skool beskik oor gehalte opvoeders om leerders te lei in hulle ontwikkeling tot volle potensiaal.  Ons strewe om ons fasiliteite te onderhou en verbeter, om met die nuutste tegnologiese ontwikkelinge trek te hou. In hierdie strewe speel ons ouergemeenskap, sowel as die plaaslike gemeenskap, 'n integrale deel van die opvoeding span.


FISIESE ADRES:
Fatima Bhayatstraat 170 Rustenburg 0299
POS ADRES:
Posbus 577 Rustenburg 0300
Telefoon (014) 592-0528
Faks (014) 592-8014
GPS koördinate:  S25 40.487 E27 14.773
Kontak gerus die volgende persone indien u 'n versoek via e-pos wil rig:
Sport aangeleenthede:
sport@laerskoolrustenburg.co.za
Akademiese aangeleenthede: goberholzer@laerskoolrustenburg.co.za
Registrasies van leerders en leerderprofiele: registrasie@laerskoolrustenburg.co.za
Inligtingsentrum en biblioteek:  inligting@laerskoolrustenburg.co.za
Projekte en borgskappe:  projekte@laerskoolrustenburg.co.za
Agterstallige skoolgelde en subsidie aansoeke:  finansies@laerskoolrustenburg.co.za
Skoolfooie en state:  skoolgeld@laerskoolrustenburg.co.za
Hoof se sekretaresse en administrasie:  admin@laerskoolrustenburg.co.za
Hoof: koosjvv@laerskoolrustenburg.co.za
Krediteure:  krediteure@laerskoolrustenburg.co.za
Algemene navrae:  larries@telkomsa.net

Larries Cooltuur
Druk op die 'show me' knoppie vir ons Laerskool Rustenburg Mnr en Mej Valentyn foto's

Skryfbehoeftes 2012
Druk hier om af te laai
Graad R en 1
Graad 2 - 7

Nuutste Larrie Nuusflitse

KERNWAARDES
Vir ons skool is dit belangrik dat:
1. Onderrig sal geskied vanuit 'n Christelike perspektief;
2. Hoë Akademiese standaarde gehandhaaf word;
3. Personeel bekwaam en kundig sal wees;
4. Leerders fisies sal ontwikkel;
5. Leerders as 'n kulturele wese ontwikkel;
6. Leerders gemotiveer word om hulle volle potensiaal te bereik;
7. Ouers 'n integrale rol as primêre skakel in die opvoedingspan;
8. 'n Harmonieuse en stimulerende opvoedkundige klimaat skep; asook
9. Die hoogste vlak van effektiewe bestuur verseker word.

Larries Gaan Groen
Larrie-vooruitsigte vir die komende week
 
 

Al die fotos op die webblad is beskikbaar in die Inligtingsentrum teen R10,00 per foto.

Back to content | Back to main menu