Laerskool Rustenburg


Go to content

Main menu:


Dissiplinęre Beleid

Inligting

Geagte Ouers
HERSIENE DISSIPLINęRE BELEID
Hierdie dissiplinęre beleid is opgestel met inagneming van die Suid-Afrikaanse Skole Wet, die insette gelewer deur die Beheerliggaam en die personeel van Laerskool Rustenburg.
U is seker bewus van die toenemende gedrags- en dissiplinęre probleme van leerders in die onderwys. Hierdie probleme manifesteer hoofsaaklik in die Hoërskool, in gevalle waar daar nieteenoor onaanvaarbare gedrag en swak dissipline tydens die Laerskooljare opgetree word of 'n oplossing daarvoor gevind word nie.

Die rede vir die implementering van die dissiplinęre beleid is hoofsaaklik die volgende:
Om oortreders van hulp te wees, te rehabiliteer en dan om daadwerklik op te tree wanneer die oortreder ander leerders se voorreg tot onderrig ontneem.
Om leerders voor te berei en bewus te maak van soortgelyke stelsels op Hoërskool deurdat 'n spesifieke oortreding aan 'n gewig/debietpunt gekoppel word. Terselfdertyd word leerders basiese beginsels aangeleer van dissiplinęre prosedures in die volwasse
werksomgewing.
Om vir onderwysers ‘n meer spesifieke instrument daar te stel om makliker dissipline te handhaaf binne en buite klasverband. Dit is ook belangrik dat daar besef word dat daar geen volmaakte dissiplinęre stelsel bestaan nie en dat meriete, diskresie en menslikheid
altyd in ag geneem moet word.
Die verbetering van kommunikasie en korrespondensie tussen ouers en die skool, ten opsigte van leerders wat gedrags- of dissiplinęre probleme ondervind, sodat daar saam na ‘n oplossing gesoek kan word en daaraan gewerk word.

Alhoewel dit dramaties bleik te wees, is dit noodsaaklik om die stelsel te implementeer omdat soos
reeds genoem, gedrags- en ander probleme aan die toeneem is.

U as ouers is en sal altyd primęre opvoeders van u kinders wees en ons is dankbaar teenoor u, dat rondom 95% van leerders ‘n goeie opvoeding ontvang. Die meeste van hierdie kinders sal
derhalwe nie deur die nuwe, meer drastiese dissiplinęre stelsel geaffekteer word nie. Daar is egter die bekommernis dat die 5% “oortreders” aan die toeneem is en hierdie dissiplinęre stelsel is daar om hierdie groei te strem.

Ek vertrou dat ek sal kan staatmaak op u samewerking in hierdie verband!

Groete
J.F. J VAN VUUREN
HOOF – L/S RUSTENBURG


DISSIPLINE
INLEIDING

Die skool is ‘n geordende gemeenskap en tree altyd gedissiplineerd op – dit is bevorderlik vir prestasie. Die beste is selfdissipline en daarom streef ons tot ons eie voordeel en tot voordeel van mekaar altyd daarna. Die samewerking van elke
leerder, ouer en onderwyser word vriendelik gevra.

Dissipline is daarop gerig om die leerder ten beste vir die lewe voor te berei. Om te dissiplineer beteken om op te voed. Straf is maar net ‘n tydelike deel van dissipline: "‘n korttermynreël om die leerder van verkeerde optrede te weerhou."

Ouers is primęr verantwoordelik vir dissipline van hulle kind en moet saam met die kind oplossings vir probleme vind.

ALGEMEEN

Die woord dissipline asook die woord dissipel kom van die Latynse woord discere wat “om te leer” beteken.

Dissipline beteken dus eintlik om te leer, op te lei, of af te rig. Dit behels die vorming van die kind se karakter in sy totaliteit deur goeie gedrag aan te moedig en onaanvaarbare gedrag reg te stel. Dissipline is alles wat ‘n opvoeder vir die kind doen of sę om hom/haar op die pad na volwassenheid te begelei.

Soos ‘n goeie tuinier sy plante kunsmis en water gee, die grond om die plant gereeld losspit sodat die wortels genoeg suurstof kry, die natuurlike groei van lote en wilde lote terugsnoei, sodat die plant op sy mooiste kan blom en vrug dra, so is dissipline daarop gerig om die kind ten beste vir die lewe voor te berei. Om te dissiplineer beteken om op te voed.

Enkele uitsprake oor dissipline vanuit ‘n Christelike Afrikaanse standpunt:
Spr. 1:2-4: Die doel van dissipline is: “om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand
verstandig praat. So sal hulle ‘n behoorlike opvoeding ontvang en ‘n sin vir regverdigheid, reg en billikheid leer.”
Dissipline moet daarop gerig wees om die hart van die kind te verander – nie om van hom/haar iets te maak wat hy/sy nie is of kan wees nie, maar om hom ‘n waardestelsel te leer, om hom wysheid te leer.
Spr. 22:6 “Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy oud is nie daarvan afwyk nie”
Dit impliseer dat ons grense moet stel wat realisties en duidelik is.
Die digter D.J. Opperman sę tereg: “Ons stry om gister heel te maak; ons môre lę onbewaak.”

Geen volwassene kan ‘n kind se “maat” wees nie (‘n oppervlakkige en onwaardige strewe om by ‘n kind populęr te wees). Hy kan in elk geval nie met die kind se maats meeding nie.


GEDRAGSKODE
GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

Art. 8(2) van die Suid Afrikaanse Skolewet, 1996, wys daarop dat ‘n gedragskode vir leerders daarop gemik moet wees om ‘n gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing, wat goegewy is aan die bevordering en
instandhouding van die gehalte van die “leerproses”, te vestig.
Die Skolewet plaas die onus op die Beheerliggaam om ‘n gedragskode vir leerders te aanvaar. Dit is egter futiel om bepalings in die kode te plaas wat nie versoenbaar is met die toepaslike wetgewing nie.
Dit dien vermeld te word dat leerders volgens wet verplig word om die bepalings in die gedragskode na te kom. Dit is raadsaam om die skriftelike gedragskode in die besit van elke leerder en ouerhuis te plaas.

Die gedragskode sal van toepassing wees op oortredings in die volgende
omstandighede:
a) Oortredings gepleeg op die skoolterrein.
b) Oortredings gepleeg tydens skoolverwante aktiwiteite. (Binne of buite die skoolterrein.)
c) Alle oortredings buite skoolverband wat die skool in diskrediet bring.

BEPALINGS VAN ‘N BEHOORLIKE REGSPROSES
By enige tughandeling geld bepaalde universele grondbeginsels, wat in elke tugsituasie nagekom moet word.
Die volgende riglyn kan in die samestelling van ‘n regsproses oorweeg word.
‘n Persoon wat aangekla word behoort die reg te hę op:
‘n behoorlike geformuleerde klag wat aan hom/haar beteken word;
voldoende tyd om sodanige klagte te oorweeg en, veral in die geval van ‘n minderjarige, met die bystand en raadpleging van die ouers en ook regsadviseurs, indien nodig;
‘n behoorlike dissiplinęre verhoor met ‘n onbevange en onpartydige voorsitter of liggaam;
‘n geleentheid om sy/haar kant van die saak volledig en sonder onderbreking of intimidasie te stel;
‘n behoorlike kruisverhoor en om getuies te roep indien verkies;
‘n onbevooroordeelde en objektiewe uitspraak; en
‘n appčl deur ‘n onbevange en onpartydige persoon of liggaam.


VLAKKE VAN DISSIPLINęRE OPTREDE
- Dissiplinęre komitee: Debietpunte
Hierdie komitee is aangewys deur die Beheerliggaam omdissiplinęre ondersoeke van wangedrag deur leerders te hanteer waar skorsing en uitsetting nie oorweeg word nie en om ‘n gepaste straf toe te ken vir ‘n oortreding wat ‘n leerder by 100 of meer debietpunte gebring het.

Die leerder se vorige oortredings en die strawwe daarvoor reeds opgeloop, word in ag geneem by die bepaling van die gepaste straf.
Die hoof kan egter ter enige tyd besluit dat ‘n leerder met 100 of meer debietpunte voor die Dissiplinęre Komitee: Erntige Oortredings, moet verskyn. Die Dissiplinęre Komitee: Debietpunte, kan ook by die hoof sodanig aanbeveel ten opsigte van enige geval wat voor die komitee dien. Hierdie komitee bestaan uit drie lede, naamlik:
a) ‘m Ouer wat as voorsitter optree (wat lid is van die
Beheerliggaam of bevoeg is om daartoe verkies te word);
b) ‘n Adjunkhoof / Departementshoof;
c) ‘n Gradehoof (van die graad waartoe die leerder behoort).

- Dissiplinęre Komitee: Ernstige Oortredings
Hierdie is die komitee soos voorgeskryf deur die Provinsiale Koerant 144 van 4 Oktober 2000, in terme van Skolewet (84/1996).

Hierdie komitee hou formele, volwaardige dissiplinęre verhore (aanklagte, pleit, lei van getuienis, kruisverhoor, skuldig/onskuldig
bevinding, oplę van straf). Dit is vir ernstige gevalle waar skorsing en uitsetting ‘n wesenlike moontlikheid is.

Hierdie komitee is deur die Beheerliggaam aangewys en bestaan uit drie lede wat almal lede van die Beheerliggaam moet wees of bevoeg is om daartoe verkies te word. Die voorsitter van die komitee moet ‘n ouer-lid van die Beheerliggaam wees. ‘n Aanklaer word deur die hoof aangewys.

Ouers word vriendelik versoek om ons te ondersteun met die implementering van hierdie stelsel. Dit is belangrik dat die ouerhuis saam met die skool werk aan die verbetering van die leerder se gedrag of probleme.


DOELWIT
Om die leerders tot verantwoordelike, selfstandige besluitnemers op te voed. In hierdie proses moet die ouerhuis en skool dinamies saamwerk.
Om ‘n sterk pligsbesef by die leerders te kweek en aan te moedig, aangesien daar ‘n baie nou verband tussen swak pligsbesef,
onaanvaarbare gedrag en swak vordering op skool is.
Hierdie stelsel word, met inagneming van die skool en gemeenskap se samewerking tussen onderwysers, leerders en ouers, ‘n skoolomgewing te skep waarbinne gesonde dissipline en gesag kan seëvier.
Hierdie stelsel sal ook die opvoeders help met die identifisering van potensiële leiers wanneer daar aan die einde van Graad 6 ‘n nuwe leerderraad aangewys moet word.


DEBIETSTELSEL
Debietpunte word in twee kategorië verdeel, naamlik debietpunte vir akademiese oortredings en debietpunte vir gedragsoortredings.
‘n Leerder met 150 punte of meer, kan geskors of uit die skool gesit word.
Indien ‘n leerder wel meen dat hy/sy onregverdig behandel is, mag hy/sy appčl aantaken by die adjunkhoof/departementshoof verantwoordelik vir die graad. Hierdie appčl moet binne 24 uur geskied.
Alle debietpunte word deur die leerder onderteken, waarmee hy/sy erken dat dit die waarheid is wat aangeteken is. ‘n Kort beskrywing van die gebeure word ook aangeteken in die byderhandboek.
Indien die leerder weier om te teken en sy/haar appčl misluk, word die punte dadelik aangeteken.
Sodra ‘n leerder 25 debiete het, word sy/haar naam deurgegee aan die voogonderwyser.
Die voogonderwyser neem die afskrif van die byderhandboek en roep die betrokke leerder – verduidelik prosedure en oorhandig dit aan leerder om aan ouers te gee vir kennisname en ontvangserkenning. Hierdie vorms moet binne twee dae weer teruggestuur word.
Indien ‘n leerder 50 debietpunte het, word die leerder se ouers telefonies daarvan verwittig deur die gradeleier. Die ouers ontvang ‘n verdere skrywe en die leerder word onder ‘n remediërende program geplaas. ‘n Gesamentlike poging word aangewend om die leerder te help.
Op 100 debiete word die ouer/ouers skriftelik kennis gegee dat hulle op ‘n gegewe tydstip saam met die leerder voor die Dissiplinęre Komitee moet verskyn. Indien ouer/ouers nie teenwoordig is nie, sal hulle skriftelik kennis gegee word van die Dissiplinęre Komitee se besluit. Leerders wat ‘n leierskapposisie beklee kan van die raad geskrap word, indien hy/sy 100 debiete het en die Dissiplinęre Komitee so besluit nadat die verhoor plaasgevind het. Leerders wat 100 debietpunte geakkumuleer het, mag nie vir erekleure in aanmerking kom nie. Leerders wat reeds erekleure het, se erekleuredrag word opgeskort tot die volgende jaar.
Sodra ‘n leerder ‘n oortreding begaan wat veroorsaak dat hy/sy 100 debietpunte bereik, word sy/haar geval verwys na die Dissiplinęre Komitee: Debietpunte, of die Dissiplinęre Komitee: Ernstige Oortredings, om gestraf of verhoor te word. (Let daarop dat daar twee Dissiplinęre Komitees bestaan).
Op 150 debietpunte word weereens kontak met die ouers gemaak. Die geval word weereens na een van die Dissiplinére Komitees verwys vir verdere stappe.
Slegs die vierde kwartaal se geakkumuleerde punte word oorgedra na die volgende jaar. Indien ‘n leerder aan die einde van die eerste kwartaal van die volgende jaar geen addisionele punte bygekry het nie, verval alle punte en begin sulke leerders weer op ‘n nulstaat.
Alle debietpunte sal op rapporte en ander amptelike dokumente aangedui word.


TUGMAATREëLS
Tug wat opgelę mag word, sluit die volgende in, maar is nie daartoe beperk nie:
Waarskuwings. ‘n Leerder word tot en met 24 debiete gewaarsku, hierna word ouers gekontak.


GEDRAGSKODE VIR LEERDERS
INTERSEN-FASE
‘n Larrie…..
o Onderwerp hom/haar aan die skooldissipline en skoolreëls
o Is lojaal teenoor die skool en tree altyd in buiteskoolse verband so op, dat die skool se goeie naam uitgedra sal word
o Is altyd betyds vir skool, klasse en alle ander skoolaktiwiteite
o Maak hom/haar nie skuldig aan wangedrag wat die klasatmosfeer en leerproses benadeel nie
o Voer sy/haar akademieseopdragte soos huiswerk, klaswerk, toetse of eksamens nougeset uit
o Verlaat nie die klas of skoolterrein sonder toestemming nie
o Bly nie sonder verskoning weg van klasse en buitemuurse aktiwiteite nie
o Hou die skool se klaskamers, skoolterrein en skooleiendom te alle tye skoon en netjies
o Respekteer sy/haar onderwysers en mede-leerders, asook hulle eiendom en privaatheid
o Sorg dat sy/haar persoonlike voorkoms en kleredrag volgens skoolreëls korrek is
o Help die klasleier, leerderraad en onderwysers met billike versoeke soos bv. Opruiming
o Bly weg van verbode terreine
o Openbaar nie swak gedrag nie
o Gebruik nie krutaal nie
o Baklei, dreig of intimideer nie sy/haar mede-leerders of onderwysers nie
o Is nie in besit van alkohol, dwelms, rookmateriaal, vuurwapens of verbode leesstof nie, en maak ook nie gebruik daarvan nie, en is ook nie ‘n toeskouer by hierdie aktiwiteit nie
o Maak nie rassistiese opmerkings nie
o Is nie oneerlik nie
o Is ‘n “WENNER”

Ek verbind my as Larrie om bogenoemde gedragskode tot die beste van my vermoë te onderhou.

GRONDSLAGFASE
o ‘n Larrie gehoorsaam skoolreëls
o Ek moet trots wees op my skool
o Ek mag nooit laat wees nie
o Ek moet my altyd gedra en soet wees in die klas
o Ek moet hard leer en my huiswerk getrou doen
o Ek moet toestemming vra as ek ęrens wil heengaan
o Ek moet vir Juffrou sę as ek iets nie kan bywoon nie
o Hou altyd die skool en klas netjies
o Gee om vir maats en onderwysers
o Ek moet die regte skooldrag dra en altyd netjies wees
o Luister vir die klasleier en leerderraad
o Byl weg van gevaarlike plekke af
o Ek mag nie verkeerde dinge doen nie
o Ek mag nie vloek nie
o Ek mag nie baklei nie
o Ek mag nie rook nie
o Ek moet respek hę vir alle mense, maak nie saak van kleur of taal nie
o Ek moet eerlik wees
o Ek is ‘n “WENNER”

REëL

AKADEMIESE OORTREDINGS

DEBIET PUNTE

1.1
1.2
1.3
1.4
1.5
1.6
1.7
1.8

Huiswerk versuim
Handboek / skrif / huiswerk / studiegids, nie by die skool nie
Vergeet MB / sportdrag
Laat met media voorraad / Laat met Inligtingsentrumboeke.
Toetse / skrifte nie geteken nie
Doen nie nasorg nie.
Doen nasorg verkeerd.
Merk verkeerde werk reg.





5

2.1
2.2

Skryf huiswerk af
Leen huiswerk uit vir afskryf


10

 

GEDRAGSOORTREDINGS

 

3.1
3.2
3.3
3.4
3.5
3.6
3.7
3.8
3.9

Laat vir skool / klas
Tree nie aan in eie rye / verkeerde ry
Voorkoms nie reg nie - Verwys na Algemene Skoolreëls
Skooldrag nie reg nie - Verwys na Algemene Skoolreëls
Geen afwesigheidsbrief (na 3 dae is inhandig van doktersbrief verpligtend)
Versuim om skeurstrokie terug te bring
Eet / drink in klas / kougom sonder toestemming.
Graffiti / slagspreuke / simbole op tas / studiegids
In besit of hanteer van speelgoed in klastyd









5

4.1
4.2
4.3

4.4


4.5

4.6

Bly sonder verskoning weg by buitemuurse aktiwiteite
Afwesig van klas sonder toestemming
Verbode terrein (woonkwartiere van Terreinbestuurder, volwassenes se
kleedkamers, ens.)
Kwetsende aanmerkings / ontwrig groep / byeenkoms (gesels, praat, opmerkings)
Hou hande vas in skooldrag, liefkoos / omhelsing in skooldrag
Oneerbiedig teenoor leerderraad / klaskamer / werkers








10

5.1
5.2
5.3
5.4
5.5
5.6

Pligsversuim deur leerderraad (bv. Afwesig van dienspunt)
Steek eiendom weg
Swak gedrag / vloektaal
Strooi rommel op die terrein / klas
Doelbewus ‘n besering veroorsaak
Hantering van selfoon






15

6.1
6.2
6.3
6.4
6.5
6.6
6.7
6.8
6.9
6.10
6.11

Rook self
In besit van rookmateriaal
Rook in skooldrag buite skoolterrein
Rooktoeskouer
Rassistiese opmerkings
Verlaat die skool sonder verlof
Afwesig van skool sonder toestemming of rede
Bedrog (bv. Vervalsing van handtekening / skryf brief namens iemand)
Oneerlikheid in toetse / eksamens
Uitdaag van gesag veral teenoor personeel
Baklei / dreig / intimidasie










30

7.1
7.2
7.3
7.4
7.5

7.6
7.7
7.8

Besit alkohol / dwelms / vuurwapens of ander wapens / verbode leesstof
Diefstal
Onder die invloed van alkohol / dwelms
Seksuele wangedrag
Vandalisme / beskadig van skool eiendom / medepligtige (verantwoordelik vir finansiële implikasies)
Kriminele oortreding
In besit van pornogradiese materiaal
Teken van sketse van seksuele aard

Dissiplinęre Komitee: Ernstige oortredings







100

Tuisblad | Inligting | Akademie | Kultuur | Sport | Nuus | Sosiaal | Site Map


Back to content | Back to main menu