Akademieblad - Laerskool Rustenburg

Go to content

Main menu

Akademieblad

Akademie
 

Graad R Skryfbehoeftepakket
DRUK HIER OM AF TE LAAI

Graad 2 tot 7 Skryfbehoeftepakket
DRUK HIER OM AF TE LAAI

Graad 1 Skryfbehoeftepakket
DRUK HIER OM AF TE LAAI

 
 
 

AKADEMIE
Naas ‘n uitgeboude akademiese program volgens die Nasionale Kurrikulum en die UGO struktuur, bied Larries die volgende:
UITDAGENDE LEERSTOF
Daar word nie slegs gekonsentreer op die basiese leerstof nie, maar in die praktiese toepassing daarvan sodat leerders se insig in sake ontwikkel word.

UNIEKE REKENAARSENTRUM
By Larries sien elke leerder daagliks daarna uit om die Rekenaarsentrum te besoek.  Vandag spog ons met ‘n sentrum met 40 rekenaars (gekoppel op ‘n LAN netwerk) en beskik oor internet, 6 drukkers en ‘n oorhoofse projektor (o ja, en natuurlik kan ons nie funksioneer sonder die lugversorger nie!!). Klasse is gratis. Leerders vanaf Gr. 1 tot en met Gr. 7 woon die klasse by. Klasse besoek een keer in ‘n 2-week siklus die sentrum. Larries het ook ‘n Inligtingsentrum wat die plek inneem van die Mediasentrum. Hier doen hulle naslaanwerk en gebruik die Internet.

Ons fokus op tegnologie onderrig in die sentrum en bied die MSWord pakket aan. Klem word gelê op Word, Excel, Powerpoint en as daar tyd is deur die jaar ook Publisher.  Die seniorfase doen een keer ‘n jaar ‘n geïntegreerde taak waar ons leerstof gebruik uit ‘n sekere vakgebied. Die grondslagfase werk hoofsaaklik in Paint  en MSWord.  Hulle kry ook geleentheid om eenkeer ‘n jaar ‘n eie storieboekie te skryf in Storybook Weaver. Hierdie storie is gewoonlik ‘n geïntegreerde klasprojek wat handel oor ‘n tema iewers deur die jaar gedoen. Die storie kan tot 6 bladsye beslaan, elkeen met teks en prente.

Klem word gelê op “tuistoetse” wanneer leerders tik. Die leerders is dus vanaf graad 1 baie sleutelbordvaardig. Dit bring mee dat hul soveel vinniger ‘n projek kan afhandel.  Ten minste 2 lesse per jaar word afgestaan aan hardeware.

Namiddagklasse word kwartaalliks aangebied.  Hier doen leerders ‘n projek wat tema-gebonde is en ons werk in verskillende programme, gebruik internet en ander naslaanbronne. Volwasse opleiding word aangebied op aanvraag van ouers, van ons personeel het ook ‘n paar opleidingsessies voltooi.  ‘n Volwaardige MSWord of Powerpoint of Excel kursus word aangebied.

KDA/MENSLIKE BEWEGINGSKUNDE
Kids Development Academy is ‘n volledige onderwysprogram wat fokus op die gelyktydige ontwikkeling van leerders se intellektuele, fisiese, sosiale en emosionele potensiaal. KDA is deel van die Lewensoriënting-leerarea en bied:
- Perseptuele, motoriese en fisiese ontwikkeling
- Heelbreinontwikkeling, luistervaardighede en konsentrasie
- Leierskap- en lewensvaardighede

KENWEN-SENTRUM
By hierdie remediërende sentrum is kundigheid en ervaring die wagwoord. Daar word met empatie na die kind in geheel gekyk, diagnostiese toetsing gedoen en aanbevelings gemaak. Remediëring vind plaas gedurende skoolure vir gr. 1 tot 3’s teen geen ekstra koste nie.

GR R KLASSE
Ses Gr R klasse is reeds geïntegreer in die skoolsisteem.

INLIGTINGSENTRUM
By Laerskool Rustenburg se Inligtingsentrum lewer ‘n uitgebreide “biblioteekdiens” aan die leerlinge. Die kinders word aangemoedig om boeke te leen (R20,00 ledegeld per jaar) en te lees vir ontspanning. Benewens die fokus op lees, bied die sentrum ook bystand tov skoolprojekte.

Die sentrum is toegerus met rekenaars met toegang tot die Internet. Die inligtingsfasiliteerder verskaf inligting vir projekte aan die leerlinge en die kinders mag smiddae die rekenaars gebruik vir hul eie inligtingsoektogte. Die kinders ontvang ook inligtingsgeletterdheidsklasse gedurende skooltyd en die lesse word aangebied vir Gr R tot Gr 7 leerlinge.

Die inligtingsentrum is gedurende pouses oop en smiddae tot 15:30 en is toegerus met ’n fotostaatmasjien en kleurdrukker.

Die inligtingsfasiliteerder, René Schoombee kan gekontak word by inligting@laerskoolrustenburg.co.za

Inligtingsentrum Lidmaatskap Registrasievorm

TERAPEUTE
Arbeids- en spraakterapeut op terrein. Konsulteer privaat, maar is goedgekeur deur die skool.


 
Back to content | Back to main menu