Main menu:
FISIESE ADRES:
Fatima Bhayatstraat 170 Rustenburg 0299
POS ADRES:
Posbus 577 Rustenburg 0300
Telefoon (014) 592-0528
Faks (014) 592-8014
GPS koördinate: S25 40.487 E27 14.773
Kontak gerus die volgende persone indien u 'n versoek via e-pos wil rig:
Sport aangeleenthede: sport@laerskoolrustenburg.co.za
Akademiese aangeleenthede: goberholzer@laerskoolrustenburg.co.za
Registrasies van leerders en leerderprofiele: registrasie@laerskoolrustenburg.co.za
Inligtingsentrum en biblioteek: inligting@laerskoolrustenburg.co.za
Projekte en borgskappe: projekte@laerskoolrustenburg.co.za
Agterstallige skoolgelde en subsidie aansoeke: finansies@laerskoolrustenburg.co.za
Skoolfooie en state: skoolgeld@laerskoolrustenburg.co.za
Hoof se sekretaresse en administrasie: admin@laerskoolrustenburg.co.za
Hoof: koosjvv@laerskoolrustenburg.co.za
Krediteure: krediteure@laerskoolrustenburg.co.za
Algemene navrae: larries@telkomsa.net
MISSIE
Die missie van Laerskool Rustenburg is die verskaffing van bekostigbare, kwaliteit onderrig in 'n multi-kulturele milieu, gekenmerk deur 'n Christelike karakter, met Afrikaans as taal van onderrig aan leerders van Rustenburg en omgewing.
VISIE
By Laerskool Rustenburg poog ons om die kind tot volle potensiaal as mens te ontwikkel. Die basis van onderrig is Christelike waardes en norme en ons leer ons kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle talente en regte. Hulle word ook geleer om hulle regte korrek uit te oefen.
By Laerskool Rustenburg word die kinders begelei deur kwaliteit onderrig in 'n georganiseerde en gedissiplineerde omgewing, tot afgeronde persone. Deur Afrikaans as onderrigmedium streef ons daarna om die kind 'n gebalanseerde individu te maak en om sy vaardighede gebalanseerd te ontwikkel vir die eise van ons tyd.
Ons skool beskik oor gehalte opvoeders om leerders te lei in hulle ontwikkeling tot volle potensiaal. Ons strewe om ons fasiliteite te onderhou en verbeter, om met die nuutste tegnologiese ontwikkelinge trek te hou. In hierdie strewe speel ons ouergemeenskap, sowel as die plaaslike gemeenskap, 'n integrale deel van die opvoeding span.
Nuutste Larrie Nuusflitse
KERNWAARDES
Vir ons skool is dit belangrik dat:
1. Onderrig sal geskied vanuit 'n Christelike perspektief;
2. Hoë Akademiese standaarde gehandhaaf word;
3. Personeel bekwaam en kundig sal wees;
4. Leerders fisies sal ontwikkel;
5. Leerders as 'n kulturele wese ontwikkel;
6. Leerders gemotiveer word om hulle volle potensiaal te bereik;
7. Ouers 'n integrale rol as primêre skakel in die opvoedingspan;
8. 'n Harmonieuse en stimulerende opvoedkundige klimaat skep; asook
9. Die hoogste vlak van effektiewe bestuur verseker word.
Larrie-vooruitsigte vir die komende week
Skryfbehoeftes 2012
Druk hier om af te laai
Graad R en 1
Graad 2 - 7
Al die fotos op die webblad is beskikbaar in die Inligtingsentrum teen R10,00 per foto.